Ons is baie opgewonde oor ouer hoëtoubane en kan nie glo dis net 19 dae weg nie!
Ons gaan vir elke student `n uitnodiging gee wat vir jul as ouers se oë ook bedoel is. Daar is ook `n mail gestuur met meer info op en as jul nie hierdie ontvang het nie – comment gerus hier saam met jou email adres en ons stuur dit aan!
Prys is R250 pp wat spring(hoed ingesluit) en R40 vir almal wat nie gaan spring nie. Meta studente gratis! Jou hele familie is welkom!
Ons het julle hulp nodig om die dag ‘n sukses te maak en vra ons dat julle so gou as moontlik by Mia sal bevestig of julle kom en hoeveel uit julle familie kom. Julle kan telefonies 012 333 5246 tussen 08:00 en 14:00 of per epos mia@doxadeo.co.za of ons sal lyste in die klas ook omstuur wat die studente moet invul.
Ons vra dan ook dat julle so gou as moontlik julle gelde sal begin inbetaal. Die gelde kan julle in die huidige Metamorpho rekening inbetaal. Let net op die verwysings asb –HTB en jou naam en van. Dit is baie belangrik dat julle die bewys van betaling sal deurstuur na ons kantore, sonder ‘n bewys van betaling kan ons nie afmerk of julle betaal het of nie. Die verantwoordelikheid berus dus op julle om ‘n bewys van betaling deur te stuur.
Die 25ste Mei gee ons die studente af van klas en kans om by universiteite ens te gaan inskryf vir volgende jaar en dus is julle welkom om die dag te vat om bv. Potchefstroom toe te ry. Dit sal vir ons `n groot wen wees as almal daardie dag hul inskrywings kan finaliseer of selfs net die bal aan die rol sit vir 2013!
The body is a community made up of its innumerable cells or inhabitants.
Thomas A. Edison
Ons het al baie die stelling gehoor: “no man is an island” , maar tog met die tempo van ons leefstyl , ekonomiese druk en net algemene gevoel van dat alles moet vinniger en beter die heeltyd voel ons baie keer juis dat ons op ons eie eiland sit en net als daar bymekaar moet hou.
In Metamorpho leierskap en in Doxa Deo in geheel is dit vir ons egter BAIE belangrik om konstant “community” te skep. As liggaam van Christus het ons mekaar nodig en is Sy hart vir ons dat ons saam met die ander dele van die liggaam in eenheid sal wees.
Ons almal ken daai gevoel wanneer jy haastig is die oggend om uit die huis te kom betyds en dan wraggies stamp jy jou toon nog teen `n kas! Die HELE liggaam lei daaronder en dit voel asof als die pyn van die toon beleef…net so is dit met iemand wat in ons gemeenskap seerkry – almal lei eintlik daaronder!
Ons sien elkeen van julle ouers as deel van ons gemeenskap en dus wil ons vra as daar enige een van julle is wat deur `n moeilike tyd gaan en net vars perspektief of selfs net `n oor nodig het wat luister dat julle ons sal kontak.
Carlos Coveiro, Metamorpho se hoof sal graag met jou in kontak wil tree as jy deur `n moeilike tyd gaan. Voel vry om Moot Kampus te kontak en daar `n afspraak met sy assistant te reel. Die nommer daar is: 012 333 5246 en jy kan net noem jy is `n Metamorpho ouer wat hom wil sien.
Communication leads to community, that is, to understanding, intimacy and mutual valuing.
Rollo May
Dis lekker om saam met elke student te droom oor hulle toekoms en te sien wat God hulle als mee toegerus het om so Sy koninkryk te bou. Onthou die 3de Junie se ouerdag waar ons dan ook hierdie opsommings met julle as ouers wil deel.
Meta Groete












